Eie publikasies
Cordis Trust inisieer publikasies wat sy doelwitte binne die Afrikaanse woordkuns bevorder in die dig-, skryf-, drama-, en liriekekuns en kultuurhistoriese area.
Die Cordisverhaal is goed gedokumenteer as deel van die administratiewe proses. Dit is voorafgegaan deur werksaamhede binne die Mardene Marais gedenkstigting wat die pad sou voorberei vir Cordis Trust se stigting. Die beginsel om medewerkers op 'n vrywillige grondslag te gebruik tot die voordeel van ander is die werklike verhaal. Die deurlopende opdatering van Cordis Trust- Stem uit die hart is daarop gemik om die volledige geskiedenis op die Cordis Trust webblad beskikbaar te stel vir enige belangstellende en dan in boekvorm vir hulle wat deel was (is) van die merkwaardige verloop en sukses van die trust.
Dit skep steeds geleenthede vir deelname deur voortskryf/ -dig met temas uit publikasies wat hulle daartoe leen. Sonstorie, 'n samestelling van die werk van 'n jong woordkunstenaar, bied deelname aan ses temas oor een jaar (2018/19). Gesigte in die spieël, Kom ons droom. Liewe Ma, Speeltoneel, Wending (Die eerste dag van die res van my lewe) en Om te leef (verskeie lewensemosies en ervaringe) sal as aparte publikasies met gelyknamige titels verskyn.
Gedurende 2020 is keuse-gedigte uit die temabundels as 'n versamelbundel, Sonstorie-digreis gepubliseer met die oog op voorlesings en verdere verwerking.
Die jaar is ook gekenmerk deur die uitbreek van die coronavirus (covid-19) en Fanie Marais, Trustee van Cordis Trust) het digters genooi om saam te skryf. Gelykmaker het as publikasie hieruit voortgevloei.
Teen die einde van 2021 verskyn Storiereis, 'n versameling stories uit die temabundels Sonstorie van 2019.
Dit is in 2022 opgevolg met Klein Teater, 'n digbundel deur Fanie Marais met skrywes wat die enger bestaan van ouerwordende en beproefde mense uitbeeld.

Sonstorie:saamgestel deur Fanie Marais, 2018
ISBN 978-0-9946913-7-8
faniemarais@cordistrust.co.za
sonstorie_meesterkopie_30_julie_2018_lores.pdf | |
File Size: | 783 kb |
File Type: |
Hooflyn deur Fanie Marais,2018
ISBN 978-0-9946913-6-1
faniemarais@cordistrust.co.za
Gesigte in die spieël
ISBN 978-0-9946913-8-5
faniemarais@cordistrust.co.za
ISBN 978-0-9946913-8-5
faniemarais@cordistrust.co.za